zinchem_logo_cyanbg

image image image image
Pasop vir Chinese sinksulfaat Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoë vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal? Read the Full Story
Sinktoediening bereik 800% opbrengs verhoging op graangewasse In Turkye het die International Zinc Association (IZA) onder leiding van Prof. Ismail Cakmak ongelooflike opbrengsverbeterings bewerkstellig. Read the Full Story
Zinchem se multi mikro produkreeks nou beskikbaar by kleinhandelaars Zinchem se nuwe reeks produkte is nou beskikbaar by verskeie kleinhandelaars in die land. Read the Full Story
Sink kan baie baba lewens red Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei. Read the Full Story
multimicro
Micro Nutrients

Micro Nutrients

Nuwe reeks mikroelementprodukte

Hoekom is mikro-elementtoediening belangrik?

Jaarliks word landbougrond aangevul met makro-elemente wat deur die voorafgaande gewas uit die grond verwyder is. Dieselfde word egter nie met mikro-elemente gedoen nie. Sink (Zn) word wel tipies teen 0,5% by misstowwe gevoeg, maar die vorm wat gebruik word (naamlik sinkoksied) is nie die optimale bron nie. Sinksulfaat is 'n beter bron as gevolg van sy wateroplosbaarheid. Selde word ander essensiële mikro-elemente soos koper, mangaan, yster en boor in die grond teruggesit om die hoeveelhede wat deur agtereenvolgende oeste verwyder is, weer aan te vul.

Hoekom is mikro-elemente histories nie soveel aangevul soos NPK-misstowwe nie?

Verskeie redes en oorsake is hiervoor verantwoordelik. Drie van die struikelblokke waarteen produsente te staan kom, is: die beskikbaarheid van sulke produkte, die bekostigbaarheid van sulke produkte sowel as die gebrek aan maklike toedieningsmetodes. Zinchem het al drie hierdie kwessies aangespreek met die ontwikkeling van 'n nuwe reeks kombinasie mikro-elementprodukte, genaamd multi mikro. Die reeks produkte bestaan uit 100% wateroplosbare bronne van ses van die belangrikste mikro-elemente, naamlik Zn, Cu, Mn, Fe, B en Mo. Die produkte is in kristalvorm beskikbaar wat maklik opgelos kan word en dan deur besproeiingstelsels, tenks op planters of trekkerspuite toegedien kan word. Zinchem het mikro-elementgrondtoedieners ontwikkel, wat produsente kan gebruik om die rygewas grondtoedieningsformule in die plantervoor toe te dien.

Hoe lyk die reeks produkte?

Die produkreeks bestaan tans uit sowat 'n dosyn verskillende grondtoedienings en blaarvoedings, met gewasspesifieke formulasies reeds in ontwikkeling. Zinchem kan ook unieke formulasies aan produsente verskaf. Die volgende gewasse het spesifieke blaarvoedingsformulasies: graangewasse, sonneblom en grondbone, droëbone en sojabone, groente, vrugte en druiwe asook pekanneute. Spesifieke grondtoedieningsformulasies is ontwikkel vir alle rygewasse, groente, suikerriet en bosbou.

Om korrekte aanbevelings te maak, moet Zinchem gedetailleerde grondmonsters neem om die mikro-elemente te ontleed. Die aanbevelings word dan met die produsent bespreek en daar word saam besluit op die oplossing wat die beste resultate teen 'n sakpasprys sal lewer. Die aanbeveling bestaan gewoonlik uit 'n voorstel vir die balansering van die grond mikro-elemente sowel as voorstelle vir grond- en blaartoedienings.

Ernstige mikro-elementtekorte moet aangespreek word deur grondregstellings. Hiermee word daar gepoog om die element wat die opbrengs die meeste belemmer, aan te vul tot 'n optimale waarde. 'n Nagevolg hiervan is dat 'n ander element dan weer opbrengs-beperkend sal wees en weer aangespreek moet word.

Hierdie beginsel word al jare lank deur produsente gevolg met die opbou van fosfaatvlakke. Soos opbrengste styg, word die fosfaatvlakke verhoog om tred te hou met die hoër opbrengste. Net so behoort mikro-elementvlakke opgebou te word om tred te hou met die gewas se groeiende behoefte aan mikro-elemente. Dit is soos om vleis in jou bord te hê, maar nie pap en sous nie. Die grondregstelling behoort in die af-seisoen gedoen te word (met ander woorde ná stroop en voor plant) vir die beste resultate. Aangesien die produkte wat deur Zinchem verskaf word wateroplosbaar is, kan die produk eenvoudig in water opgelos en breedwerpig uitgespuit word oor die land en dan ingewerk word.

Die voorstelle vir grond- en blaartoedienings poog om ten minste aan 'n gedeelte van die gewas se mikro-ementbehoeftes aandag te gee. Met die grondtoedieningsprodukte word die beste resultate verkry deur die mikro-elemente direk op die saad in die plantervoor toe te dien. Die produk word met die Zinchem mikro-elementtoediener in die plantervoor toegedien. Die doel van die toediening is om die gewas die beste moontlike kans op groei te bied en sodoende onguns tige weer- en grondtoestande beter teen te werk. Die saailing kry dus die kans om 'n sterk wortelstelsel te ontwikkel en gevolglik wind en onkruiddoders beter te hanteer.

2

En die bekostigbaarheid van die produk?

Uiters bekostigbaar. Van die begin af was die doelwit met die produkontwikkeling om dit aan die groter mark beskikbaar te maak, dus om die niche-aspek van soortgelyke produkte te verbreek en dit bekostigbaar vir alle produsente te maak. Ons het byvoorbeeld aanvanklik gepoog om die produkte vir grondtoedienings vir graangewasse teen minder as R100/ha kleinhandelprys te bemark. Ons is bly om te kan sê dat ons sukses behaal het in die opsig.

Hoe is Zinchem in staat om dit te bereik?

Verskeie strategiese redes:

  • Gekonsentreerde produk. Deur die produkte in kristalvorm en in sakke te verkoop (wat dan deur die produsent self op die plaas in water opgelos word), word vervoerkoste gespaar omrede die produsent nie grotendeels water plaas toe vervoer nie. Waar ander produkte konsentrasies van mg/kg het, het Zinchem se multimikro-produkreeks konsentrasies van g/kg. (Sien Tabel 1 vir meer inligting.) Terselfdertyd spaar die produsent op verpakkingskoste en het hy minder van 'n probleem met plastiese bottels wat rondstaan.
  • Toegang tot insetmateriale. As gevolg van Zinchem se betrokkenheid by en blootstelling aan ander industriële markte vir sink en koper, het ons toegang tot goeie roumateriaalbronne, waarvan sinksulfaat en dies meer vervaardig word.
  • Unieke tegnologie en vervaardigingsprosesse. Oor die laaste vyf jaar het Zinchem baie geld en tyd belê in die ontwikkeling van nuwe produksieprosesse (sommiges van hulle is onderhewig aan patent-aansoeke) sowel as die verfyning van bestaande prosesse. Die ontwikkelings plaas Zinchem in 'n unieke posisie om hoëgehalte produkte baie koste effektief te kan vervaardig.
  • Massa-volume-mark. Deur die tradisionele niche-mark van mikroelementtoedienings oop te maak vir alle produsente, kan Zinchem kritiese massa (critical mass) bereik, wat lei tot hoër produktiwiteit en laer eenheidskostes. Dit alles lei uiteindelik tot meer bekostigbare produkte vir die produsent.
  • Gefokusde produkreeks en unieke kennis van die mikro-elementmark. Eerder as om honderde verskillende produkte te bemark, fokus Zinchem op 'n kleiner reeks spesialis waardetoevoegende produkte. Dié meer gefokusde bemarkingsbenadering, saam met 'n unieke begrip van die behoeftes van hierdie mark, plaas ons in 'n posisie om beter resultate te bereik.

Is daar beide blaar- en grondtoedieningsprodukte in die reeks?

Inderdaad. Die blaarvoedingsreeks bied aan die produsentnog 'n kans om mikro-elementaanvullings te doen indien dit nie vroeër prakties moontlik was nie. Die blaarvoedingsreeks is geformuleer om te help verseker dat gewasse optimaal fotosinteer. Gevolglik word optimale opbrengste van hoëgehalte graan gelewer.

En verpakking?

Die produkte is tans in 25 kg sakke beskikbaar, maar daar sal binnekort verpakkings van 1 kg en 5 kg beskikbaar wees vir sekere van die produkreeks (hoofsaaklik die produkte wat op die huisvrou gemik is). Meeste groot verspreiders hou die produkte aan en direkte aankope by Zinchem is ook beskikbaar. Toediening word verder vergemaklik met 'n Zinchem-maatbeker wat akkurate afmetings in milliliters sowel as in milligramme bied.

Is die produkte al geregistreer by Wet 36?

Die aansoeke is ingedien en ons wag nog vir registrasie bevestigings en B-nommers.

Hoe word die produkte versprei? Waar kan produsente dit in die hande kry?

Zinchem het in die afgelope twee jaar klem geplaas op die gebruik van streeksverteenwoordigers om sodoende die produk en diens direk aan produsente te lewer.

Daar is ook 'n paar kunsmismaatskappye, blenders en verspreiders wat die mikro-elemente (ook bekend as "straights"), direk of deur gemengde kunsmis, indirek aan produsente verskaf. Die bekende koöperasies, chemikalieë-verspreiders en kunsmismaatskappye is genader om Zinchem se mikro-elemente deur hul bemarkingsnetwerke, verkoopspunte en winkels te verkoop.

Die konsep is deur almal verwelkom en Zinchem is as 'n goedgekeurde verskaffer aangestel by verskeie kleinhandelaars. Wees dus op die uitkyk vir Zinchem se nuwe reeks mikro-elemente – dit sal binnekort beskikbaar wees in 'n winkel naby jou! Zinchem se streeksverteenwoordigers sal egter steeds in sekere gebiede teenwoordig wees.