zinchem_logo_cyanbg

image image image image
Pasop vir Chinese sinksulfaat Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoë vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal? Read the Full Story
Sinktoediening bereik 800% opbrengs verhoging op graangewasse In Turkye het die International Zinc Association (IZA) onder leiding van Prof. Ismail Cakmak ongelooflike opbrengsverbeterings bewerkstellig. Read the Full Story
Zinchem se multi mikro produkreeks nou beskikbaar by kleinhandelaars Zinchem se nuwe reeks produkte is nou beskikbaar by verskeie kleinhandelaars in die land. Read the Full Story
Sink kan baie baba lewens red Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei. Read the Full Story
multimicro

Onafhanklike Kweekhuis Proewe

Zinchem Sink Sulfaat – 100% Wateroplosbaar

Net wat jou oes benodig!

 

Sink is belangrik in die hele voedselketting. By plante is dit belangrik in die sintese of in algemene taal die vervaardiging van koolhidrate en ook van proteiene wat die primere boustene is in plantproduksie.

Die afwesigheid van sink in die voedings program van gewasse kan baie beslis beperkend wees en kan sinktekorte lei tot aansienlike verliese veral by gewasse wat swaar voeders van sink is soos bv. mielies, uie, appels, sitrus ens.

Die voordele van sinksulfaat is dat dit 100% wateroplosbaar is. Die bevat ook relatief 'n hoe % Zn van ongeveer 35%. Dit is 100 % plant toegangklik. Danksy die hoë wateroplosbaarheid van anorganiese sink soute, is sinksulfaat iets wat noodsaaklik is vir bemestingdoeltreffendheid.

Sinkoksied is onoplosbaar in water en moet eers met die grond vermeng word voordat dit gedeeltelik vir die plant toegangklik is. Zinchem produseer en bemark beide produkte (Sinkoksied en Sinksulfaat), maar stel voor dat sulfate meer doeltreffend is om sink tekorte oor te kom.

Die voorlopige resultate van Hydromulch pot proefe dui aan dat sinksulfaat die beste uitslae bewys teen 'n 1% byvoeging by NPK kunsmis. Dit is op die nat gewigte van die wortels van die meilies en groenbone na 6 weke se groei tyd.

Sinksulfaat kan op 3 verskillende maniere toegedien. Eerstens saam met 'n NPK plantmengsel as 'n grondtoediening of tweedens as blaartoediening in kombinasie met plaagbeheermiddels of alleen saam met ander blaarvoeding. Derdens kan dit ook deur die besproeingstelsel toegedien word alleen of in kombinasie met ander plantvoedingselemente.

Zinchem is 'n vooraanstaande verskaffer van twee formulerings van sinksulfaat, monohidraat en heptahidraat. Dit is as 'n droë poeier en in korrel vorm beskikbaar. 'n Verdere voordeel van die gebruik van sinksulfaat is die feit dat swael ook in die produk ingesluit is tot 17% in monohidraat en 11% in heptahidraat.

Zinchem, 'n vervaardiger van onder meer sinksulfaat van 'n hoë gehalte, voorsien die produk in die regte vorm vir toediening en oplosbaarhied plaaslik en in die buiteland sodat as 'n spoormineraal vir optimale gewas gebruik kan word.

1 Sink – 'n noodsaaklike voedingselement maar die vorm en hoeveelhied van die sink vir toediening maak 'n groot verskil soos die grafiek langs aan wys.

Zinchem, 'n vervaardiger van albei Sink Oksied en Sink Sulfaat, het onlangs 'n proef by Hydromulch se toets fasilitiet onderneem met mielies en groenbone.

Die eerste resultate dui aan dat die meer oplaasbare Sink Sulfaat teen 1% toediening, die beste vorm is, om die groeitempo te versnel en die maksimum groei potensial te bereik teen die pH van 6.5