zinchem_logo_cyanbg

image image image image
Pasop vir Chinese sinksulfaat Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoë vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal? Read the Full Story
Sinktoediening bereik 800% opbrengs verhoging op graangewasse In Turkye het die International Zinc Association (IZA) onder leiding van Prof. Ismail Cakmak ongelooflike opbrengsverbeterings bewerkstellig. Read the Full Story
Zinchem se multi mikro produkreeks nou beskikbaar by kleinhandelaars Zinchem se nuwe reeks produkte is nou beskikbaar by verskeie kleinhandelaars in die land. Read the Full Story
Sink kan baie baba lewens red Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei. Read the Full Story
multimicro

Funksies van Mikroelemente

Sink

Funksie van Sink in die plant

  • Produksie van ouksiene, ʼn noodsaaklike groeihormoon
  • Dit aktiveer ensieme in proteïensintese
  • Betrokke by die regulering en verbruik van suiker
  • Reguleer die pH van selvloeistowwe
  • Dit is noodsaaklik vir stysel vorming en behoorlike wortelontwikkeling
  • Sink het ook ʼn invloed op die tempo van saad en stingel veroudering
  • Noodsaaklik vir die vorming van chlorofil en koolhidrate
  • Dien as katalisator by sekere reaksies in die plant
  • Die teenwoordigheid van voldoende hoeveelhede in die weefsel van plante, stel die plante in staat om laer lugtemperature beter te weerstaan

Faktore wat die beskikbaarheid van Sink beïnvloed

  • Grond pH: Sink beskikbaarheid neem dikwels af soos die pH verhoog
  • Sink: Fosfaat balans: Hoë vlakke van grond-P is algemeen verantwoordelik vir Zn tekorte
  • Organiese materiaal: Organiese materiaal is ʼn bron van sink en die verlaging van organiese materiaal inhoud van gronde as gevolg van bewerkings en verbouings praktyke verlaag die beskikbaarheid van sink afkomstig van organiese materiaal.
  • Stikstof stremming: Lae stikstof beskikbaarheid verminder die groeikragtigheid van plante in ʼn mate dat dit nie voldoende hoeveelhede van baie ander voedingstowwe op neem nie insluitende die opname van sink.
  • Sink: Koper balans: Plantwortel neem sink en mangaan deur die selfde meganisme. Dit veroorsaak inmenging in die opname van die een as die ander in ʼn oormaat voorkom in die wortelsone.
  • Sink: Mangaan balans: Navorsing resultate dui aan dat daar interaksies tussen Zn en Mn plaasvind. Sommige resultate dui op ʼn antagonistiese verhouding, terwyl ander weer dui op ʼn sinergistiese verhouding. Sekere werk dui aan dat die spesifieke kultivars binne spesies kan ʼn sterk reaksie op grond Zn: Mn balanse hê.
  • Sink: Arseen: hoë vlakke van arseen in die grond, soos dikwels in ou boord gronde gevind word, kan ernstige inhiberende uitwerking hê op die opname van sink.

Yster

Funksie van Yster in die plant

Yster is essensieel vir baie biochemiese en fisiologiese prosesse in plante, wat insluit:
  • Die benutting van Stikstof en Swael;
  • Die produksie van die plant hormoon etileen;
  • Die vorming van chlorofil.
  • Speel ʼn rol in oksidasie-reduksie reaksies in die plant.
  • Speel ʼn rol by die vorming van chlorofil.
  • Word in ensieme en sekere proteïene gevind.

Faktore wat die beskikbaarheid van Yster beïnvloed

  • Yster is nie beweeglik in die plant nie
  • Yster te korte word geïnduseer deur hoë pH.
  • Lae Yster ontledings.

Molibdeen

Funksie van Molibdeen in die plant

  • Bevorder reduksie van nitraat in die fotosintese proses.
  • Bevorder die vorming van knoppies op die wortels van peulplante en die funksionering van N-bindende bakterieë.
  • Speel ʼn rol by die vorming van proteïene

Faktore wat die beskikbaarheid van Molibdeen beïnvloed

  • Suur gronde (lae pH gronde)
  • Geloogde gronde
  • Lae Molibdeen ontledings.

Mangaan

Funksie van Mangaan in die plant

  • Mangaan is essensieel belangrik vir alle plante om te kan fotosinteer
  • Mangaan aktiveer ʼn groot aantal ensieme wat betrokke is by oksidasie-reduksie reaksies in die plant.
  • Bevorder die reduksie van nitraat na amiene
  • Speel ʼn rol by die produksie van lignien, vetsure en idool asynsuur.
  • Mangaan kan ook Stikstof metabolisme beïnvloed
  • Bevorder die funksionering van yster in die plant
  • Bevorder ensiemaktiwiteite in die plant

Faktore wat die beskikbaarheid van Mangaan beïnvloed

  • Geinduseer deur hoë grond-pH
  • Betreklik onbeweeglikheid in die plant.
  • Lae Mangaan ontledings.

Koper

Funksie van Koper in die plant

  • Koper speel ʼn belangrike strukturele en funksionele rol in oksidasie ensieme en elektron translokasie proteïne.
  • Kom in die sade en groeiende dele van plante voor en het te make met die regulering van sekere prosesse in die plant
  • Speel ʼn rol by die vorming van chlorofil
  • Speel ʼn rol by die opname van yster

Faktore wat die beskikbaarheid van Koper beïnvloed

  • Koper te korte word geïnduseer deur hoë pH.
  • Lae Koper ontledings

Boor

Funksie van Boor in die plant

  • Word benodig vir die stabilisering van selwande
  • Bevorder sel volwassenheid en seldifferensiasie
  • Speel ʼn rol by die translokasie van koolhidrate
  • Noodsaaklik vir bestuiwing, reproduksie, blom- en vrugvorming asook proteïen produksie
  • Beïnvloed die opname van Ca, Mg, K en ander elemente
  • Word benodig vir proteïensintese en vir koolhidraat- en watermetabolisme
  • Word ook benodig vir die beweging van suiker in die plant

Faktore wat die beskikbaarheid van boor beïnvloed

  • Hoë of lae pH.
  • Geloogde sanderige gronde
  • Lae Boor ontledings

Koper

Funksie van Koper in die plant

  • Koper speel ʼn belangrike strukturele en funksionele rol in oksidasie ensieme en elektron translokasie proteïne.
  • Kom in die sade en groeiende dele van plante voor en het te make met die regulering van sekere prosesse in die plant
  • Speel ʼn rol by die vorming van chlorofil
  • Speel ʼn rol by die opname van yster

 Faktore wat die beskikbaarheid van Koper beïnvloed

  • Koper te korte word geïnduseer deur hoë pH.
  • Lae Koper ontledings

 

Die volgende tabel dui aan watter simptome bespeur kan word vir verskillende mikro-element tekorte.

crop-response

b1

b2

mikroelemente