zinchem_logo_cyanbg

image image image image
Pasop vir Chinese sinksulfaat Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoë vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal? Read the Full Story
Sinktoediening bereik 800% opbrengs verhoging op graangewasse In Turkye het die International Zinc Association (IZA) onder leiding van Prof. Ismail Cakmak ongelooflike opbrengsverbeterings bewerkstellig. Read the Full Story
Zinchem se multi mikro produkreeks nou beskikbaar by kleinhandelaars Zinchem se nuwe reeks produkte is nou beskikbaar by verskeie kleinhandelaars in die land. Read the Full Story
Sink kan baie baba lewens red Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei. Read the Full Story
multimicro

Agtergrond

Hoekom word misstowwe, bestaande uit N (stikstof), P (fosfor) en K (kalium) jaarliks in landbougrond ingewerk? Om die voedingstowwe wat die voorafgaande oes uit die grond onttrek (gemyn) het, terug te sit vir toekomstige oeste.

Word mikro-elemente ook onttrek (gemyn) soos wat NPK makroelemente onttrek word? Dit is vanselfsprekend. Die tempo waarteen dit gemyn word is egter heelwat minder.

Moet mikro-elemente dus ook op optimale vlakke gehandhaaf word (net soos NPK-vlakke) om die beste oesopbrengste te verseker? Inderdaad.

Maar hoekom sit ons dan nie elke jaar mikro-elemente ook terug in landbougrond nie? Dit is die miljoen dollar vraag.

Die volgende tabel wys hoe sensitief verskillende gewasse vir ses mikro-element tekorte is:

b1

 

b2