zinchem_logo_cyanbg

image image image image
Pasop vir Chinese sinksulfaat Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoë vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal? Read the Full Story
Sinktoediening bereik 800% opbrengs verhoging op graangewasse In Turkye het die International Zinc Association (IZA) onder leiding van Prof. Ismail Cakmak ongelooflike opbrengsverbeterings bewerkstellig. Read the Full Story
Zinchem se multi mikro produkreeks nou beskikbaar by kleinhandelaars Zinchem se nuwe reeks produkte is nou beskikbaar by verskeie kleinhandelaars in die land. Read the Full Story
Sink kan baie baba lewens red Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei. Read the Full Story
multimicro

Die Impak van pH

Mikro-elemente is meer opneembaar deur die plant by pH-vlakke laer as 6.0. Makro-elemente, daarteenoor, is meer opneembaar by pH-vlakke hoër as 6.5. Hierdie tabel toon dit duidelik, met dikker strepe wat hoër opneembaarheid aandui.

Die optimale vlak vir die hoogste opneembaarheid van beide mikro- en makro-elemente, is dus 'n baie klein gebied van pH tussen 6.2 en 6.5. Dit is baie moeilik om in hierdie gebied te handhaaf. Wat die boer wel moet besef, is dat oordadige bekalking 'n negatiewe impak mag hê op die opneembaarheid van al die mikro-elemente. Besteding op gebalanseerde misstof programme moet dus ook fokus op mikro-element regstelling, en Rande moet wys bestee word.

pH se invloed op opneembaarheid van plantvoedingstowwe

Micros-Macros-coloured-spears