zinchem_logo_cyanbg

image image image image
Pasop vir Chinese sinksulfaat Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoƫ vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal? Read the Full Story
Sinktoediening bereik 800% opbrengs verhoging op graangewasse In Turkye het die International Zinc Association (IZA) onder leiding van Prof. Ismail Cakmak ongelooflike opbrengsverbeterings bewerkstellig. Read the Full Story
Zinchem se multi mikro produkreeks nou beskikbaar by kleinhandelaars Zinchem se nuwe reeks produkte is nou beskikbaar by verskeie kleinhandelaars in die land. Read the Full Story
Sink kan baie baba lewens red Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei. Read the Full Story
multimicro

Wateroplosbaarheid

Plante drink hulle kos; hulle kan dit nie eet nie. Dus moet alle voedingstowwe in die mees wateroplosbare vorm moontlik aan gewasse gegee word, om onmiddellike opname deur die plant moontlik te maak.

In Suid-Afrika is Zn histories as sinkoksied of sink-as (zinc ash) in misstowwe ingevoeg. Beide hierdie vorms is baie minder wateroplosbaar as sinksulfate en sink chelate. Die suurstof (O) molekule in die ZnO verbinding maak sinkoksied 'n baie stabiele verbinding, en dus nie baie wateroplosbaar nie. Grond pH en mikrobiese lewe in die grond sal help om die sinkoksied mettertyd meer beskikbaar te maak vir die plant, maar die effektiwiteit hiervan is onvoorspelbaar.

Zinchem vervaardig ook sinkoksied en kan dit verskaf aan boere, maar ons beveel aan dat boere eerder sinksulfaat gebruik, as gevolg van sy onmiddellike beskikbaarheid vir die plant. U koop tog die misstof om dit nou vir die plant te gee, nie oor jare nie. Die kostes van die twee weergawes van Zn skep verwarring vir boere. Die koste van sinkoksied per kg is goedkoper as sinksulfaat, en dit laat sommige boere glo die sinkoksied is meer koste-effektief. Maar as die wateroplosbaarheid in berekening gebring word, dan is sinksulfaat goedkoper en meer koste-effektief. Goedkoop kan dalk duurkoop wees. Kontak ons gerus vir leiding in die saak.

Sinkoksied bevat 78-80% Zn, terwyl sinksulfaat monohidraat 35% Zn, en heptahidraat 22% Zn bevat. Sink-as bevat 55-68% Zn. Sinksulfaat en sinkoksied is beide helder wit kristalle. Sink-as is 'n grys-bruin of selfs swart poeier of korrel.

Sink-oksied-teenoor-sinksulfaat-oplosbaarheid