zinchem_logo_cyanbg

image image image image
Pasop vir Chinese sinksulfaat Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoƫ vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal? Read the Full Story
Sinktoediening bereik 800% opbrengs verhoging op graangewasse In Turkye het die International Zinc Association (IZA) onder leiding van Prof. Ismail Cakmak ongelooflike opbrengsverbeterings bewerkstellig. Read the Full Story
Zinchem se multi mikro produkreeks nou beskikbaar by kleinhandelaars Zinchem se nuwe reeks produkte is nou beskikbaar by verskeie kleinhandelaars in die land. Read the Full Story
Sink kan baie baba lewens red Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei. Read the Full Story
multimicro

Korrelbedekking

Daar is hoofsaaklik drie maniere waarop kunsmis binne-in NPK produkte vermeng kan word, naamlik:
  • Chemiese vervaardigingsproses
  • Korrel vermenging
  • Korrel bedekking

Die eerste twee metodes het beperkings en die eindresultate is nie optimaal nie. Die laaste opsie is een wat slegs onlangs begin posvat het, en Zinchem het die voortou geneem met produkontwikkeling in hierdie gebied.

Met chemiese vermenging, word die sinkbron omskep van 'n sinksulfaat na 'n sinkfosfaat vorm, as gevolg van die fosforsuur waarbinne dit vermeng word. Sinkfosfaat is baie onoplosbaar en dus is hierdie vervaardigingsproses nie 'n goeie oplossing vir die eindgebruiker nie.

Korrelvermenging is waar sinkkorrels tussen NPK korrels vermeng word. Die probleem is dat elke twee honderd NPK korrels net een sinkkorrel insluit (indien 0.5% Zn konsentrasie produk) en dus kom die sink nie baie suksesvol by die wortels of groeisone uit nie.

Dus moes 'n nuwe manier gevind word hoe Zn en ander mikro-elemente saam met NPK bedien kon word. Eerstens het Zinchem 'n nuwe toediener ontwikkel wat op die planter gemonteer word, en werk op dieselfde basiese beginsels van gifbakke.

thumb.php

Lake International het 'n korrelbedekkingsmiddel ontwikkel, genaamd BioFix. Hierdie middel is getoets met Zinchem se produkreeks en daar is gevind dat tot 4% (of 40kg per ton NPK) geheg kan word aan NPK en MAP korrels. Met BioFix en Zinchem se multi mikro produkte kan die boer nou sy mikro-elemente saam met NPK toedien. Maar die boer het nodig om sy vermenger te vra om dit te doen.

Baie vermengers het al klaar die BioFix tegnologie in hulle fabrieke geinstalleer en kan op aanvraag die produkte so verskaf. Baie ander vermengers oorweeg dit op die stadium. Die boer moet daarop aandring. Zinchem en Lake International verleen hulp aan alle vermengers wat die proses verandering deurgaan.

Sien meer hieroor by www.biofix.co.za


Vermengers wat Korrelbedekking met Multimikro doen

GreenlandsLogo