zinchem_logo_cyanbg

image image image image
Pasop vir Chinese sinksulfaat Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoë vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal? Read the Full Story
Sinktoediening bereik 800% opbrengs verhoging op graangewasse In Turkye het die International Zinc Association (IZA) onder leiding van Prof. Ismail Cakmak ongelooflike opbrengsverbeterings bewerkstellig. Read the Full Story
Zinchem se multi mikro produkreeks nou beskikbaar by kleinhandelaars Zinchem se nuwe reeks produkte is nou beskikbaar by verskeie kleinhandelaars in die land. Read the Full Story
Sink kan baie baba lewens red Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei. Read the Full Story
multimicro

Zinchem Grondtoediener

Zinchem mikro-element grondtoediener

Moeg gesukkel met gewasse wat nie wil opkom en aktief groei nie? Wel Zinchem het die antwoord vir die probleme!

Deur die gebruik van ʼn pasgemaakte planter 1 tot 12 ry plantvoeding toediener gebou deur Quantum op aanwysings gebied deur Zinchem, kan ons u help om die saailinge te voorsien van essensiële mikro-elemente wat krities belangrik is vir die ontwikkeling van ʼn aktief groeiende plantjie.

Die met die koms van die nuwe generasie kultivars wat beskik oor die vermoë om baie hoë opbrengste realiseer het dit praktyk geword om al hoe meer kunsmis te bandplaas en soms ook om die kunsmis verder weg te plaas om te verseker dat daar nie kunsmis brand plaas vind nie. Gevolglik kry ons dat die saailing veraf die met die kleiner reserwes (kleiner pit grotes) nie oor voldoende energie beskik om die plantvoeding in die kunsmis band vinnig te genoeg te bereik om aan die plantjie se voedings behoeftes te voorsien nie. Daar is ook negatiewe interaksies tussen die hoë toediening van fosfaat wat vir al sink wat ʼnessensiëlemikro-element is onderdruk, die gevolg is ʼn saailing wat swak groei kragtigheid toon en gevoelig is vir toe waai van sande en onkruiddoder wat vooropkoms toegedien is.

Met ons nuut geformuleerde mikro-element grond toedienings produkte verskaf ons 100% water oplosbare essensiëlemikro-element kombinasies vir rye gewasse wat tekorte aanspreek van sink, yster, mangaan, koper, molibdeen en boor wat ook verryk is met humiensure om die werking van die produk te verbeter. Die produkte is van die rak af beskikbaar maar die voordeel wanneer u met Zinchem besigheid doen is dat ons ook pasmaak produkte kan verskaf indien die volume dit regverdig.

toediener