zinchem_logo_cyanbg

image image image image
Pasop vir Chinese sinksulfaat Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoë vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal? Read the Full Story
Sinktoediening bereik 800% opbrengs verhoging op graangewasse In Turkye het die International Zinc Association (IZA) onder leiding van Prof. Ismail Cakmak ongelooflike opbrengsverbeterings bewerkstellig. Read the Full Story
Zinchem se multi mikro produkreeks nou beskikbaar by kleinhandelaars Zinchem se nuwe reeks produkte is nou beskikbaar by verskeie kleinhandelaars in die land. Read the Full Story
Sink kan baie baba lewens red Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei. Read the Full Story

Welcome to Multimikro

 

 

multimicro

 

Zinchem is 'n vooraanstaande verskaffer van sinksulfaat en sinkoksied produkte vir die landbou. Met beide bemestingstowwe en diervoertoedienings, is Zinchem die voorkeur verskaffer van mikro-elemente in die landbou. Zinchem se produkreeks sluit ook kopersulfate en mangaansulfate in, sowel as ons nuwe wêreldleier produkreeks van kombinasies mikro-elemente, genaamd Multimikro.

Innovasie en nuwe produkontwikkelings kenmerk Zinchem se sukses en strategiese differensiasie van die kompetisie in die mark. Hoogstaande gehalte, tesame met voldoening aan alle wetlike vereistes, gee Zinchem se kliënte die gerusstelling en vertroue dat hulle met 'n betroubare verskaffer van wêreldgehalte besigheid doen.

Zinchem bestaan al sedert 1946 en was oorspronklik deur Anglo American opgerig om sinkstof aan die Suid-Afrikaanse goudmynbedryf te verskaf. Oor die dekades het Zinchem se produkreeks en strategie so verander dat dit huidiglik 'n leiersrol in die landbou speel.

Praat met ons; ons ken mikro-elemente.

Hulplyn:  0861 000 222

Sink kan baie baba lewens red

image

Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei.

  In 2008 het die Copenhagen Konsensus tot die slotsom gekom dat Vitamien A tekorte en Zn tekorte tot soveel as 450,000 babas se lewens jaarliks kos in Derde Wêreld lande. Met 'n basiese Zn tablet toediening teen minimale koste kan duisende lewens gespaar word. Die Bill Clinton Foundation het onlangs met finansiele hulp en ondersteuning gewig aan die IZA se programme verleen. Lees meer by http://www.zincworld.org/zinc_health.html?textfield=bill+clinton&image.x=12&image.y=7