zinchem_logo_cyanbg

image image image image
Pasop vir Chinese sinksulfaat Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoë vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal? Read the Full Story
Sinktoediening bereik 800% opbrengs verhoging op graangewasse In Turkye het die International Zinc Association (IZA) onder leiding van Prof. Ismail Cakmak ongelooflike opbrengsverbeterings bewerkstellig. Read the Full Story
Zinchem se multi mikro produkreeks nou beskikbaar by kleinhandelaars Zinchem se nuwe reeks produkte is nou beskikbaar by verskeie kleinhandelaars in die land. Read the Full Story
Sink kan baie baba lewens red Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei. Read the Full Story
multimicro

Pasop vir Chinese sinksulfaat

image

Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoë vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal?

  Meneer André Immelman, Besturende Direkteur van Zinchem, sê dit kan wel gebeur en boere moet versigtig wees wanneer hulle sinksulfaat koop wat nie in Suid Afrika vervaardig is nie. Die sinksulfaat wat plaaslik vervaardig word is van die mees hoogstaande gehalte in die wêreld en hoef boere dus nie bekommerd daaroor te wees nie. Produkte behoort ook in terme van Wet 36 van 1947 geregistreer te wees. Die erts in die Verre Ooste wat gebruik word om sinksulfaat van te maak, het 'n natuurlike hoë Cd inhoud - bloot 'n geologiese verskynsel in daardie deel van die wêreld. Dus moet die koper versigtig wees; "caveat emptor". Immelman sê dat hulle self vantevore geld verloor het toe hulle produk van daaraf ingevoer het. Die monsters wat die verskaffer gestuur het was baie mooi skoon, met amper geen Cd nie. Maar toe die volle vrag opdaag, en dit chemies ontleed is, is gevind dat dit nie dieslfde as die monsters was nie. Om jou geld te probeer terug kry met internasionale reg is net eenvoudig te duur. Zinchem moes toe die produk laat isoleer by WasteTech se afval terrein by Holfontein. Die koste hiervan was meer as die aankoopsprys van die sulfaat. Dus het ons dubbel die prys betaal en nog steeds geen produk gehad nie.