zinchem_logo_cyanbg

image image image image
Pasop vir Chinese sinksulfaat Zinchem vervaardig sinksulfaat in Benoni vir die plaaslike landbou bedryf. Daar was 'n paar jaar gelede probleme toe goedkoop ingevoerde sinksulfaat in die lokale mark beland het, wat baie hoë vlakke Cadmium (Cd) bevat het. Is daar 'n risiko dat so 'n situasie hom weer kan herhaal? Read the Full Story
Sinktoediening bereik 800% opbrengs verhoging op graangewasse In Turkye het die International Zinc Association (IZA) onder leiding van Prof. Ismail Cakmak ongelooflike opbrengsverbeterings bewerkstellig. Read the Full Story
Zinchem se multi mikro produkreeks nou beskikbaar by kleinhandelaars Zinchem se nuwe reeks produkte is nou beskikbaar by verskeie kleinhandelaars in die land. Read the Full Story
Sink kan baie baba lewens red Die International Zinc Association (IZA) het verskeie programme wat daarop gemik is om die bewustheid van die gesondheidsvoordele van 'n Zn-dieet uit te brei. Read the Full Story

Welcome to Multimikro

 

 

multimicro

 

Zinchem is 'n vooraanstaande verskaffer van sinksulfaat en sinkoksied produkte vir die landbou. Met beide bemestingstowwe en diervoertoedienings, is Zinchem die voorkeur verskaffer van mikro-elemente in die landbou. Zinchem se produkreeks sluit ook kopersulfate en mangaansulfate in, sowel as ons nuwe wêreldleier produkreeks van kombinasies mikro-elemente, genaamd Multimikro.

Innovasie en nuwe produkontwikkelings kenmerk Zinchem se sukses en strategiese differensiasie van die kompetisie in die mark. Hoogstaande gehalte, tesame met voldoening aan alle wetlike vereistes, gee Zinchem se kliënte die gerusstelling en vertroue dat hulle met 'n betroubare verskaffer van wêreldgehalte besigheid doen.

Zinchem bestaan al sedert 1946 en was oorspronklik deur Anglo American opgerig om sinkstof aan die Suid-Afrikaanse goudmynbedryf te verskaf. Oor die dekades het Zinchem se produkreeks en strategie so verander dat dit huidiglik 'n leiersrol in die landbou speel.

Praat met ons; ons ken mikro-elemente.

Hulplyn:  0861 000 222

Vir die eerste keer is mikro-elemente bekostigbaar vir alle boere

image

Vir die eerste keer is hoogs gekonsentreerde produkformulasies van kombinasies van die mikro-elemente Zn, Cu, Fe, Mn, B en Mo beskikbaar in droë vorm.

Dit beteken dat boere die produkte nou meer koste-effektief kan vervoer en dan self op die plaas kan gaan oplos in water. Zinchem het met trots sy nuwe multimikro produkreeks bekend gestel. Die produk word huidiglik aan die mark bekend gestel met behulp van 'n radio en televisie bemarkingsveldtog. Luister hier na onlangse onderhoude met van sy sleutel personeel.