Sink se gebruike is eindeloos

image

Omtrent 11 miljoen ton se sink (Zn) word jaarliks wêreldwyd vervaardig.

Die oorgrote meerderheid van die volume word vir galvanisering van staal gebruik. Sonder Zn sou staal produkte en strukture baie vinniger verouder (verroes) en vervul Zn dus 'n baie belangrike rol in die wêreld. Maar Zn se gebruike strek baie verder as net dit. Sinkoksied word gebruik in die vervaardiging van rubber (en motorbande), sonbrandolies (UV-bestraling beskerming), dierevoere en menslike multi-vitamienes (mikrovoedingstowwe), pleisters, verbande en babadoeke (as anti-bakteriese agent), om net 'n paar te noem. Sinkstof word gebruik in die goudmyn- en platinumbedrywe (flotasie prosesse) asook in anti-korrosie verwe (koue galvanisering). Maar die opwindendste gebruik van Zn lê in sy gebruik as mikrovoedingstof (spoorelement) in misstowwe vir die landbou. Zn vervul 'n reeks belangrike funksies in die plant, en gewasse kan eenvoudig nie hulle volle potensiaal bereik met 'n sink-tekort nie. Lees meer by http://clair.si.umich.edu.clair/corpora/chemical/zinc